Skip to Content
header-history

Dank vir briewe uit die kuberruim en elders

12.2.15-bolander-tWanneer mens skryf, artikels, essays, fiksie, wat ook al, wonder jy: lees iemand ooit my maaksels? En soos ’n radio-omroeper wat telefoonoproepe ontvang, is jy bly as jy ’n stem uit die duisternis hoor. Daarom, dankie vir die lesers wat telefoneer, per slakpos en e-pos kontak maak; dankie vir die belangstelling.

By Francois Verster 17 February 2012 Read Article

 

Mense gaan op vakansie, boeke nooit nie

historyFEB08-tDie jaar is al in volle swang – kan jy glo; die eerste maand is al verby! Ons kners en kerm reeds in die loopgrawe, sug vir die vroegopstanery en kla oor die dodelike drukgang van die daaglikse rotresies  ... en verlang na Desember. So hier is nog een onthou-jy-nog-die-vakansietyd-storie wat ek graag wil vertel voor die herinneringe heeltemal vervaag:

By Francois Verster 10 February 2012 Read Article

Mens leer soms iets met ’n wye draai; ín ’n koets, óór ’n berg

FEB01-tLaas week het ons na mites gekyk, en ek is seker ’n paar lesers het gewonder wat die verskil tussen mites en fabels is. Aangesien hierdie terme so dikwels as sinonieme misbruik word, is dit nogal ’n goeie vraag. So, fabels: volgens die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal is fabels “verdigte vertellings met ’n opvoedkundige doel.”

By Francois Verster 03 February 2012 Read Article

Mites is nie geskiedenis nie, maar stories

histJAN25-tVerlede week het ek geskryf oor lees – die noodsaaklikheid van lees, wát jy ook al wil lees, maar hopelik nie nét ontspanningsleestof nie. As kind het ek fiksie bo feite verkies en ek geniet ’n lekker storie steeds, maar vind dat ek al meer feiteboeke lees en amper net fiksie lees as ek gevra word om ’n roman of kortverhaalbundel te resenseer. Daarom voel ek die drang om ’n slag weg te breek na die verbeeldingswêreld.

By Francois Verster 25 January 2012 Read Article

Is lees en leer (reeds) geskiedenis?

histjan-18-tVandag, nog met die eerste paar asemteue van 2011, wil ek ’n denkbeeldige seepkissie bestyg en die rede vir artikels oor iets so skynbaar abstrak en efemeer soos geskiedenis aanroer! Onlangs lees ek ’n insiggewende artikel oor naamgewing – nie van strate en ander plekke soos deesdae sporadies in die nuus is nie, maar van mense.

By Francois Verster 18 January 2012 Read Article

Franschhoek uit ’n ander hoek bekyk

hist2JAN12-tMet die instroming van binnelanders hierdie tyd van die jaar en skerp toename in belangstelling in die Kaapse wyne en brandewyne, het ek self met belangstelling die onlangse artikel deur die kuns- en kultuurkenner Melvyn Minnaar oor Franschhoek se wynbedryf gelees.

By Francois Verster 11 January 2012 Read Article

Page 23 of 23

You are browsing all History articles

Distribution
View a complete list of the Bolander Property distribution points. Click Here...

Who's Online

We have 86 guests online